Foto Na Dans — Oorwinning Sonder Prys songtekst
De pagina bevat de songtekst voor het nummer "Oorwinning Sonder Prys" van Foto Na Dans.
Songteksten
‘n Versie verduidelik
‘n visie wat praat
Van 21 skotvrye stemme
Hartseer en effens kwaad
‘n storie vertel
Van ‘n boodskap wat lui:
«verteenwoordig my»
Verheerlik onafhanklikheid
En groet met hande toe
Draai weg van konserwatiewes
En vra nou hoe
Mense verheerlik
Honderd denke wat verwys
Na ‘n oorwinning sonder prys
‘n Subkultuur van tekens
‘n groepie sonder naam
‘n Natuurlike verskynsel
‘n stigma wat vergaan
En verstaan van die
Betekenis van klanke
Wat sing:
«wie sal verlossing bring?»
Verheerlik onafhanklikheid
En groet met hande toe
Draai weg van konserwatiewes
En vra nou hoe
Mense verheerlik
Honderd denke wat verwys
Na ‘n oorwinning sonder prys
Welkom my naamgenant
Die ontmoeting is ‘n eer
Ek groet met ‘n glimlag
Van jou onsekerheid bekeer
Ek wroeg, en ek veg
En ek skree vir ‘n kans
‘n kinderboekprentjie
‘n foto na dans